Radios

Brunaly bedryf 'n gelisensieerde radionet met twee-rigting handstelle. Dit is uiters doeltreffend om optredes te ko-ordineer ten tye van 'n krisis. Byvoorbeeld, as daar 'n inbraak plaasvind dan ruk ons reaksiespan op om 'n hele blok te isoleer deur dit te omsingel, sodat inbrekers kan vasgekeer en gearresteer word. Vanselfsprekend moet ons dan met mekaar kan praat.

Sodoende het ons voor ons straatsluiting omtrent twee dosyn misdadigers vasgetrek.

Sedertdien het ons voornemende diewe voorgekeer by die hoofhek van die instansie, deur so vinnig op te tree dat ons voor die diewe by die hek was.

Ons moedig ons inwoners aan om vir hul huisgesin 'n radio aan te skaf om in geval van 'n bedreiging deur 'n indringer hulp te ontbied. Zambli se reaksievoertuig het 'n radio wat in direkte verbinding is, en dit het al gebeur dat die voertuig binne 30 sekondes op die toneel van 'n inbraak was nadat die alarm afgegaan het. Ook klein kindertjies moet liefs leer om die radio te gebruik.

Elke aand om 20:00 roep ons elkeen met 'n radio (mits hy 'n gereelde luisteraar is), om (1) seker te maak dat die radio funksioneel is met 'n gelaaide battery, (2) dat gesinslede weet hoe om die radio te gebruik, en (3) om nuus mee te deel oor gebeure in en om ons buurt. (Ook oor wegloperhondjies wat in die strate gevind is!)

'n Onvoorsiene gevolg van die radionet is dat ons 'n eksklusiewe klein gemeenskappie gevorm het wat mekaar ken - minstens die stem, indien nie die gesig nie! Dit is verbasend hoeveel vriendelike mense daar in die omgewing is, wat mekaar graag help. ;-)

Kontak vir Fanie van der Walt om 'n radio te bestel, teen ongeveer R1070, by 083-654-3660.

Brunaly runs a licensed radio net with two-way hand sets. This is extremely efficient to co-ordinate operations during a crisis. For example, during a burglary our reaction team will deploy to isolate a whole block by surrounding it, thereby trapping the burglars to arrest them. It goes without saying that good communication is essential.

In this way, before closing our residential area, we managed to catch about two dozen burglars.

Since that time we headed off prospective thieves at the main gate of an institution by acting so quickly that we reached the gate before they did.

We encourage our residents to acquire a radio for their family to summons help in case of a threat by an intruder. Zambli's reaction vehicle is in direct radio contact with us, and it has happened that the vehicle reached the scene of a burglary within 30 seconds of the alarm. Also small children are encouraged to learn to use the radio.

Every night at 20:00 we hold a roll call by calling every (regular) listener, to (1) ensure that the radio is functional with a charged battery), (2) that members of the family know how to use the radio, and (3) to share news about goings on in and around our neighbourhood. (Also about lost puppies found in the street!)

An unforeseen result of the radio net is that we now have a small and exclusive community who know each other - by voice if not by face! It is surprising how many friendly people there are in our vicinity, who love to help their neighbours. ;-)

Contact Fanie van der Walt to order a radio for about R1070, at 083-654-3660.